Islam is betrokke by baie geweld in die wêreld. Geen poging gaan aangewend word om dit te bewys nie, want elke persoon wat die nuus volg is daarvan bewus. Moslems is egter nie noodwendig gewelddadige mense nie. Daar is reeds aangetoon dat 'n Moslem iemand is wat onderwerp is aan die Islam geloof, en dat die geloof gebaseer is op hulle heilige boeke, die Quran en die samestellings van die Hadis (tradisies van Mohammed). Vanweë hulle hoë agting en eerbied vir hierdie boeke lewe Moslems in gehoorsaamheid hieraan en volg hulle die leringe daarvan getrou na. Hoe meer getrou 'n Moslem aan Allah is, hoe meer getrou volg hy Allah se leringe in die Quran en Hadis na. Die volgende leringe uit hierdie boeke in verband met geweld, insluitende Jihad (heilige oorlog), is wat bepaal of 'n Moslem vredeliewend mag wees, ongeag hoe vredeliewend hy van nature is.
Die Quran
Anders as die God van die Bybel wat geweld haat, is geweld in Islam dikwels 'n deug wat vir mense, soos reeds aangetoon is, groot voordele in die paradys kan verwerf.
Daar is talle plekke in die Quran waar Allah sy onderdane aanspoor tot geweld teen ‘ongelowiges’, met ander woorde teen almal wat nie Moslems is nie. Slegs enkele aanhalings word hier gegee, in Afrikaans en soms in Engels:
Sura 8:38,39: “Sê aan die ongelowiges dat as hulle ophou wat verby is, hulle vergewe sal word; en indien hulle terugkeer, dan was die voorbeeld van diegene voor hul vir hulle 'n teken gewees. En veg met hulle totdat daar geen vervolging meer is nie, en totdat alle godsdienste vir Allah is.” (beklemtoning bygevoeg)
Dit is 'n duidelike waarskuwing aan nie-Moslems dat dieselfde met hulle sal gebeur as wat met ander nie-Moslems voor hulle gebeur het. In (Ali, 2000:144) se Engelse vertaling (1946), is hierdie gedeelte ietwat duideliker.
“Say to the Unbelievers, if (now) they desist (from unbelief), their past would be forgiven them; But if they persist, the punishment of those before them is already a matter of warning for them. And fight them on until there is no more tumult or oppression, and there prevail justice and faith in God (Allah).”
Dit is verder duidelik dat hierdie gedeelte van die Quran geskryf is nadat daar reeds in die naam van Allah teen ‘ongelowiges’ geveg is, anders sou die voorbeeld wat voorgehou word nie sin gemaak het nie. Sura 4:74 belowe 'n “groot beloning” aan almal wat “op die weg van Allah veg”:
“Laat hulle dan wat die lewe van hierdie wêreld vir diè van die Hiernamaals opoffer, op die weg van Allah veg. En wie ookal op die weg van Allah veg, ongeag of hy sneuwel of ‘n oorwinning behaal, Ons (Allah) sal hom weldra ‘n groot beloning gee.”
Dan lees Sura 4:76 as volg:
“Hulle wat glo, veg op die weg van Allah, maar die ongelowiges (nie-Moslems) op dié van die duiwel. Veg daarom teen die vriende van die duiwel.”
Nie-Moslems word hier beskryf as 'vriende van die duiwel' en 'hulle wat glo' as Moslems, wat nie 'n ander keuse het as om Allah se opdragte uit te voer nie.
Sura 4:84: “Veg dan op die weg van Allah – u is slegs vir uself verantwoordelik – en spoor die gelowiges aan. Dit kan wees dat Allah die strydkrag van die ongelowiges beteuel.”
Sura 4:89: “Hulle wens dat julle so ongelowig is as hulle, sodat julle aan mekaar gelyk kan wees; neem daarom geen vriende uit hulle midde nie, totdat hulle ter wille van Allah uit hulle huise gevlug het. As hulle weer in vyandskap verval, gryp hulle dan en maak hulle dood, waar julle hulle ook al mag vind;” (beklemtoning bygevoeg)
Moslems maak daarop aanspraak dat hulle slegs uit selfverdediging veg en doodmaak. Hierdie gedeelte verwys egter na mense wat reeds gevlug het ter wille van Allah, en wat dan doodgemaak moet word waar hulle ookal gevind mag word. Hieruit kan 'n mens aflei dat hulle gesoek en doodgemaak moet word. Dit kan werklik nie deurgaan as selfverdediging nie. Vers 104 sluit hierby aan:
“En wees nie weekhartig as julle die vyand agtervolg nie.”
As jy die vyand agtervolg, beteken dit dat die vyand besig is om te vlug. Wat sou Allah bedoel as hy sê dat die agtervolgers nie weekhartig moet wees nie? Pickthall se Engelse vertaling sê "relent not in pursuit", en dit beteken minstens dat Allah nie wil hê dat hulle moet ontvlug nie maar ingehaal moet word. Wat daarna met hulle sal gebeur behoort duidelik te word uit die res van die bespreking.
Sura 5:33 sê: “Die enigste straf vir hulle wat oorlog teen Allah en sy boodskappers voer, en begeer om wanorde in die land te skep, is dat hulle doodgemaak moet word; of dat hulle gekruisig moet word; of dat hulle hande en voete, die linker van die een en die regter van die ander, afgekap moet word; of dat hulle uit die land verban moet word.”
Hoewel 'n oorlog situasie hier ter sprake is, is dit duidelik dat dit betrekking het op 'n situasie waar Allah se magte reeds in beheer is en in 'n posisie is om straf te kan uitdeel.
Sura 8:59-61 sê onder die opskrif, “Vrede moet deur Krag beveilig word”: “En laat die ongelowiges nie dink dat hulle Ons (Allah) kan ontwyk nie. Waarlik, hulle kan nie ontsnap nie. En versamel alle beskikbare manskappe en perde op die grens, sodat julle jul vyande en die vyande van Allah, en ook ander wat julle nie ken nie, maar vir wie Allah ken, kan afskrik. En wat julle op die weg van Allah bestee, sal ten volle aan julle terugbetaal word, en geen onreg sal julle aangedoen word nie.”
Hier is die 'ongelowiges' in die moeilikheid. Hulle probeer om Allah te ontwyk en hulle probeer ontsnap, maar Allah gee die versekering dat hulle nie sal ontsnap nie, want daar is reeds aangetoon, in die opmerking by 4:104 hierbo, dat die agtervolgers nie weekhartig mag wees nie. In Sura 8:65 sê Allah vir sy Profeet, Mohammed:
“O Profeet, spoor die gelowiges (Moslems) aan tot die geveg. As daar twintig onder julle is wat standvastig is, sal hulle tweehonderd oorwin; en as daar honderd onder julle is, sal hulle duisend ongelowiges oorwin; Veg teen hulle omdat die ongelowiges nie wil verstaan nie.”
Let wel: daar moet geveg word. Dit is nie om 'n aan val af te weer nie, maar omdat hulle (die ongelowiges) nie wil verstaan nie. Hierdie is 'n duidelike aanmoediging deur die profeet Mohammed aan Moslems tot oorlog. Hy doen dit direk in opdrag van Allah. Dit geld ook vir die volgende ses aanhalings uit die Quran.
Sura 9:41: “Gaan voort, lig of swaar, en strewe hard op die weg van Allah met julle rykdomme en julle lewens.”
Sura 9:111: “Hulle (Moslems) veg op die weg van Allah en bring om, en word ook omgebring.”
Sien ook aanhaling van Ayatollah Khomeini, 'n Moslem leier aan die einde van hierdie hoofstuk onder iii Jihad (heilige oorlog).
Sura 9:123: “O julle gelowiges, beveg die ongelowiges wat naby julle is,”
Sura 61:4: “Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg,”
Sura 61:11: “Julle moet glo in Allah en Sy Boodskapper en hard strewe op die weg van Allah met julle besittings en julle lewens.”
Sura 66:9: “O Profeet, stry teen die ongelowiges en die huigelaars en wees streng teen hulle.”
Geweld in Islam is egter nie beperk tot optrede teenoor ‘ongelowiges’ nie. Allah gee in Sura 4:34 ook duidelike instruksies hoe Moslem mans teenoor hulle vrouens, wie hy duidelik minderwaardig ag, moet optree:
“Mans is die onderhouers van vroue, waarin Allah dan ook sommige laat uitblink bo ander, omdat hulle hul vermoë bestee. Daarom is 'n deugsame vrou ook onderdanig, ...En hulle van wie julle ongehoorsaamheid vrees, wys hulle tereg, en laat hulle in die beddens alleen, en tugtig hulle.”
In die volgende Engelse vertaling van dieselfde Sura, kom die bedoeling heelwat duideliker oor:
“Men have authority over woman, because God (Allah) made the one superior to the other, and because they spend their wealth to maintain them. ...As for those from whom you fear disobedience, admonish them, forsake them in beds apart, and beat (slaan) them.” (Dawood)
Het 'n getroue Moslem 'n ander keuse as om, in ooreenstemming met hierdie opdragte van Allah, geweldadig te wees?
Geweld in die Hadis (Tradisies van Mohammed)
Die Hadis ondersteun die Quran en laat ook geen twyfel oor wat Allah en sy profeet van 'n Moslem verwag nie. 'n Volgeling van Islam is verplig om te veg vir vrede (Islam), as hy nie sy eie vrede wil verloor nie. Die volgende aanhalings is nie net aanmoedigings tot geweld nie, maar ook dreigemente aan die Moslems wat nie by die geweld, ter wille van Allah, betrokke wil raak nie.
Al-Hadis 1:73 (Karim, 1998:1:73(Vol.1):144): “'n Groep van my mense sal nooit ophou om te veg vir waarheid (Islam) en sodoende dié oorwin wat dit teenstaan”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:15(Vol.2):347): “die Boodskapper van Allah het gesê: Hierdie godsdiens (Islam) sal nooit ophou om te floreer nie. Daar sal altyd 'n groep Moslems wees wat daarvoor sal veg.”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:20(Vol.2):350): “die Heilige Profeet het gesê: Om te veg op die weg van Allah dien as versoening vir alles behalwe skuld.”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:27(Vol.2):352): “die Boodskapper van Allah het gesê: Wie doodgaan sonder om te veg (in Heilige Oorlog), en sonder om te voel dat dit sy plig is, sterf as 'n soort huigelaar.”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:31(Vol.2):353): “die Boodskapper van Allah het gesê: 'n groep van my metgeselle sal nooit ophou om te veg vir die reg om oorwinning te behaal oor almal wat hulle teenstaan nie.”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:32(Vol.2):354): “die Heilige Profeet het gesê: Hy wat nie veg nie, of 'n soldaat toerus nie, of nie 'n soldaat se familie behoorlik versorg nie, Allah sal hom besoek met onheil voor die Opstandingsdag.”
Het 'n Moslem 'n ander keuse as om te veg as Allah en sy profeet sy volgelinge dreig met straf indien hulle nie veg nie?
Al-Hadis (Karim, 1998:23:33(Vol.2):354): “die Heilige Profeet het gesê: Veg teen die beoefenaars van veelgodery met julle besittings, julle lewens en julle tonge.”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:43(Vol.2):357): Mohammed “was gevra: Watter Jihad is die beste? Hy het gesê: Daardie een wat geveg word deur iemand, teen beoefenaars van veelgodery met sy besittings en sy lewe.”
Dit sluit ook geweld teen vroue in. Die verkragting van die vyand se vroue, ter wille van ‘ontspanning’ vir die vegters aan die oorlogsfront, is volgens die samesteller van die Al-Hadis toegelaat. Karim (1998, (Vol.2):440) skryf onder die opskrif “Oorlogsgevangenes” (Captives of War) en die sub-opskrif “Gevange vrouens en meisies” (Captive women and girls) die volgende in verband met die behandeling van sulke vroue en meisies, uiteraard met die goedkeuring van Mohammed:
“Op die werklike oorlogsfront te midde van vyandelikhede, volgens sommige juriste, was daar soms toegewings gemaak aan soldate vir ontspanning. Dit was wettig gemaak vir soldate om gevange jongmeisies (maagde) te gebruik vir paring (copulation)”.
Mohammed se opdragte moet gevolg word en is so goed as wet, of dan 'n verpligte weg wat gevolg moet word (sunna) vir elke Moslem. Hy het nie 'n keuse om geweldadig te wees nie. Mohammed het gepraat en hy moet doen.
Jihad (Heilige Oorlog)
Uit wat reeds bespreek is, is dit duidelik dat Allah sy volgelinge oproep tot oorlog. Hy roep hulle dus op tot geweld teen die vyand, of dan die ‘ongelowiges’ (alle nie-Moslems, insluitende Christene en Jode). Die aanhalings en voorbeelde in die vorige afdeling is alles oproepe tot Jihad (heilige oorlog) ter bevordering van Islam.
Daar is verskillende verduidelikings deur Moslems oor wat Jihad is, maar dit kom daarop neer om te ‘veg’ of te ‘strewe’ ter wille van Allah. Daarom word dit ‘Heilige Oorlog’ genoem.
Al Bukhari beskryf Jihad in sy Glossary (Khan, 1987(Vol.4):viii) as volg:
“Heilige oorlog (fighting) ter wille van Allah of enige ander soort poging om Allah se woord (Islam) te verhef, wat beskou word as een van die beginsels van Islam.”
Daar word dikwels deur Moslems daarop aanspraak gemaak dat Jihad net gaan oor selfverdediging. Dit wil egter voorkom asof die feit dat iemand 'n ‘ongelowige’ (nie-Moslem) is, alreeds genoeg aggressie teen Islam is, wat selfverdediging daarteen vereis. Al-Bukhari sê in (Khan, 1987(Vol.6):106) van sy Hadis,
“om oorlog te voer teen Allah beteken om geloof in hom te verwerp”
Die Quran se opdrag is duidelik:
Sura 2:216: “Julle word beveel om te veg (Jihad) hoewel julle 'n afkeer daarvan het; maar dit kan wees dat julle teësin het in iets wat vir julle heilsaam is,” Yusuf Ali (2000:270) se Engelse vertaling stel dit so: “Fighting (Jihad) is prescribed for you, and you dislike it. But it is possible that you dislike a thing which is good for you,”
Ongeag of 'n Moslem ’n saggeaarde en vredeliewende geaardheid het (en in die meeste gevalle is dit so), is hy verplig om te veg en deel te neem aan Jihad, omdat dit volgens Allah vir hom heilsaam is. Die belangrikheid van deelname aan Jihad word ook in die Hadis beklemtoon (Karim, 1998:23:42(Vol.2):356):
“Abu Huraira rapporteer: wie ookal Allah ontmoet sonder 'n wond asgevolg van Jihad, ontmoet Allah met 'n defek in hom.”
Volgens die Quran behoort Moslems aan Allah, en het hy hulle gekoop vir die doel om ter wille van hom dood te maak en doodgemaak te word. Die prys wat hulle daarvoor ontvang is die paradys. Soos beskryf word in:
Sura 9:111: “Voorwaar, Allah het van die gelowiges hulle persoon en hul besittings gekoop, sodat hulle die paradys daarvoor in ruil sal ontvang. Hulle veg op die weg van Allah en bring om, en word ook omgebring.”
Dit is duidelik uit die aanhalings hierbo dat Allah se onderdane nie net met hulle lewens nie, maar ook met hulle besittings moet strewe vir die uitbreiding van Islam.
Almal kan egter nie fisies veg nie en die ‘vredeliewende’ onderdane van Allah moet die finansies en middele vir die Jihad of heilige oorlog voorsien, en as hulle dit uit ongelowiges kan kry, is dit nog beter. Afgesien van die Jizya (spesiale belasting) wat nie-Moslems aan Moslem regerings moet betaal, is daar 'n oorvloed van uiters suksesvolle en florerende Moslem sakelui in veral nie-Moslem lande. Die geld en besittings van Moslems, insluitende die middele wat in nie-Moslem lande bymekaar gemaak word, is veronderstel om aangewend te word ter wille van Allah se heilige oorlog teen ongelowiges (nie-Moslems). Die Quran asook die Hadis is duidelik hieroor, en elke Moslem is verplig om te gehoorsaam, want dit is Allah se opdrag.
Sura 9:34: “En hulle wat goud en silwer ophoop en dit nie in die weg van Allah bestee nie – verkondig aan hulle 'n smartlike straf.”
Sura 9:41: “Gaan voort, lig of swaar, en strewe hard op die weg van Allah met julle rykdomme en julle lewens.”
Al-Bukhari (Khan, 1987:95(Vol.4):68): “Hierdie wêreldse besittings is soet plantegroei (vegetation). As dit spandeer word in Allah se belang.”
Elke Christen en ander nie-Moslem behoort te weet dat met elke sent wat hy of sy spandeer in sakeondernemings wat aan Moslems behoort, ondersteun hy/sy Islam se Jihad of heilige oorlog teen hom/haarself. Om Jihad te finansier is om ‘op die weg van Allah te strewe met jou rykdom’ en dit is in sigself Jihad.
Al-Hadis (Karim, 1998(Vol.2):358), oor die prys wat Moslems ontvang vir Jihad:
“die Boodskapper van Allah het gesê: Daar is ses deugde (voordele) vir 'n martelaar (iemand wat sy lewe gee in oorlog vir Allah) by Allah. By die eerste vergieting van bloed word vir hom sy plek in die paradys aangewys, hy word beskerm teen die kastyding van die graf, hy word veilig gehou teen groot onheil, 'n kroon van eer sal op sy hoof geplaas word waarvan slegs een juweel beter is as die wêreld en alles wat daarin is, hy sal in die eg verbind word met twee en sewentig vrouens wat almal maagde is met groot donker oë, en hy sal toestemming gegee word om intersessie te doen vir sewentig van sy familielede.”
Wanneer daar in Islam terminologie verwys word na Martelaar (Martyr), soos in die volgende aanhalings, dui dit op iemand wat sy lewe offer in Jihad (heilige oorlog). Dit sluit mense in wat selfmoord aanvalle uitvoer ter wille van Islam, soos die aanvalle op die Wêreld Handel Sentrum en die selfmoord bomaanvalle in die Midde-Ooste, Bali en elders.
Die beloftes hieronder dien blykbaar om Moslems se vrese vir Jihad en die dood te besweer:
Al-Hadis (Karim, 1998:23:45(Vol.2):358): “die Boodskapper van Allah het gesê: 'n Martelaar sal nie die pyn van moord voel nie, behalwe soos een wat die pyn van 'n (insek) steek voel.”
Al-Hadis (Karim, 1998:23:61(Vol.2):364): “die Boodskapper van Allah het vir sy metgeselle gesê: Toe julle broers doodgemaak is in die veldslag van Uhud, het Allah hulle siele geplaas in die maag van 'n groen voël, wat voorkom by die riviere van die paradys, en sy vrugte eet en skuiling vind by goue lampe wat hang in die skadu van die Troon. Toe hulle die soetheid van hulle voedsels, hulle dranke en hulle slaapplekke ervaar het, het hulle uitgeroep: ‘Wie sal vir ons 'n boodskap oordra aan ons broers dat ons lewe in die paradys, sodat niemand sal ophou om Paradys en deelname aan Jihad te begeer nie?’ Dan sal Allah sê: ‘Ek sal die boodskap oordra namens julle’. So het Allah dan openbaar: ‘En julle moet nie die wat gemartel is op die weg van Allah as dood beskou nie, maar hulle is lewendig’.” (beklemtoning bygevoeg)
Toe hierdie martelaars se siele uit die maag van die groen voël kom en hulle die wonder van die paradys ervaar, toe voel hulle hulle broers op die aarde behoort daarvan te weet sodat hulle nie ophou om Jihad te begeer nie. Hulle dilemma is egter dat hulle nie weet hoe om die boodskap by hulle aardse broers te kry nie. Gelukkig vir hulle is niemand anders nie as Allah self bereid om hulle boodskap oor te dra.
Te midde van die geweld van Jihad is daar nog meer geweld, en in hierdie heilige oorlog ontgeld elkeen dit wat onder verdenking is. Bewyse is nie nodig nie. Die diskressie van die leier, in die volgende gevalle, Mohammed, is blykbaar voldoende om 'n lewe te neem. Hierdie dien as afskrikking vir diegene wat teen Islam is:
Al-Hadis (Karim, 1998:23:202(Vol.2):441): “Salamah-b-al-Akwa’a het gerapporteer: 'n Spioen, van die wat veelgodery beoefen, het na die Boodskapper van Allah toe gekom terwyl hy op reis was. Hy het gesit en met sy metgeselle gepraat en toe verder gegaan. Die Heilige Profeet het gesê: Soek hom en maak hom dood. Ek het hom toe dood gemaak. Hy (die Profeet) het sy besittings vir my gegee.”
Die spioen wat hier ter sprake is, was in Mohammed se teenwoordigheid. Dit is waarskynlik eers later onder sy aandag gebring dat dit 'n spioen was, geen verhoor was egter nodig nie. Mohammed het eenvoudig besluit hy moet doodgemaak word, en het so 'n opdrag gegee. In die volgende geval was daar darem 'n soort maatstaf:
Al-Hadis (Karim, 1998:23:214(Vol.2):451): “Atiyyah ai-Qurazi het gerapporteer: Ek was een van die gevangenes van Quraizah. Ons is aan die Heilige Profeet bekendgestel en hulle het ons ondersoek. Wanneer iemand lang hare gehad het is hy doodgemaak, en wanneer hy nie lang hare gehad het nie is hy nie doodgemaak nie. Toe hulle my privaat deel ontbloot het en gevind het dat daar geen hare was nie, het hulle my tussen die gevangenes gehou.” (nie doodgemaak nie)
In hierdie geval het die man se geskeerde skaamhare sy lewe gered. Watter soort maatstaf is dit?
Ahmed Deedat, iemand wat vir jare, as gevolg van beroerte, 'n invalide was wat homself glad nie meer kon help nie en ook nie meer kon praat nie, was voorheen 'n vurige en ywerige Suid-Afrikaanse Moslem apologeet en propagandis. Dit was sy groot passie om die Christendom en veral Jesus Christus af te kraak en te bespot. In sy pamflet, What is his Name?, uitgegee deur die Islamic Propagation Centre, Durban, (aangehaal en vertaal uit Hunt, 1986/1995:275) sê hy:
“Ons wapenrusting, swaard en skild in hierdie stryd van Gelowe is in die Koran, ons het dit gedreunsang vir eeue... nou moet ons dit na vore bring tot op die slagveld.”
Ayatollah Khomeini, ‘n vorige godsdienstige en politieke hoof van Iran het na die grootskaalse slagting van nie-Moslems insluitende Christene, onder sy leierskap gesê:
“In Persië (Iran) is tot dusver geen mense doodgemaak nie – slegs diere (beasts)!” en by 'n ander geleentheid: “Die suiwerste genot in Islam is om dood te maak en doodgemaak te word vir Allah.” (aangehaal en vertaal uit Moshay, 1994:31-32)
Hierdie laaste aanhaling is gebaseer op Sura 9:111 waarna hierbo verwys is.
Dit maak ook nie saak of die Moslem leier wat mense oproep tot Jihad 'n goeie of 'n slegte persoon is nie. Al-Bukhari sê daarvan in (Khan, 1987:44(Vol.4):71):
"Jihad is carried on whether the Muslim ruler who calls for it is a good or a bad person."
Dit verklaar waarom Moslems so eensgesind is in hulle ondersteuning van karakters soos Osama Bin Laden en Saddam Hoessein, wat deur sommige Moslems as slegte mense beskou word, maar desnieteenstaande steeds ondersteun word.
Is hierdie mense met hulle gedurige Jihad, ekstremiste en wreedaards of is hulle maar net getroue volgelinge van hulle Profeet Mohammed se leringe, in opdrag van hulle God, Allah?
