Die besef van wie die ware God is – dat die mens as gevolg van sonde (selfverheffing) van die ware God vervreem is en op pad is na ‘n ewige verderf; dat Hy ‘n God van liefde is en voorsiening gemaak het vir die verlossing van elke verlore mens van hierdie doodsbestaan tot ‘n nuwe lewe van vrede met Hom – behoort die begeerte by elke mens te wek om hierdie geleentheid met entoesiasme aan te gryp. Die boekie – ‘n Nuwe Lewe van Vrede met God – is ‘n opsomming van die verlossingsboodskap van die Bybel, wat vir elke persoon wat nog nie met God versoen is nie, kan help om by so ‘n nuwe lewe van vrede met God uit te kom. Dit kan ook bestaande gelowiges versterk in hulle verhouding van vrede met God. Daarom is hierdie boekie – ‘n Nuwe Lewe van Vrede met God – beskikbaar gemaak in PDF-formaat en kan dit gratis afgelaai word.