Dit is dus duidelik dat, hoewel alle ‘Christene’ nie altyd welwillend optree nie, dit waar is dat hoe meer toegewyd en oorgegee 'n persoon aan die God van die Bybel is, hoe meer liefdevol of welwillend word hy/sy. Daarteenoor is dit in die geval van Islam net die teenoorgestelde. Hoe meer toegewyd 'n Moslem aan Islam is, hoe meer aggressief en geweldadig word hy. Allah verwag dit van hom.
Dit is alom bekend dat Christene in Moslem lande vervolg en doodgemaak word ter wille van hulle geloof (omdat hulle Christene is). Buitelandse Christene is in sommige van dié lande redelik veilig, solank hulle net nie probeer om mense te evangeliseer (oortuig) nie. Burgers van hierdie lande, wat hulle tot die Christendom bekeer, is egter glad nie veilig nie. Indien dit ontken word, sal dit nie net 'n leuen wees nie, maar 'n erkenning dat hulle die Quran en die Hadis se voorskrifte nie volg nie. Hulle moet maar self besluit watter een die ergste is, want 'n leuen is nie noodwendig 'n ernstige oortreding in Islam nie.
Christene word verhoor en tereggestel of sommer net vermoor vir ‘afvalligheid van Islam’. Ter wille van Islam se openbare beeld word hierdie dinge nie aan die groot klok gehang nie. In gevalle waar daar internasionale belangstelling is, word hoë profiel Christene se ‘vermoorde’ lyke ontdek en geen haan kraai weer daarna nie.
Een van talle voorbeelde is die geval van Mehdi Dibaj, 'n Iranse Christen leier wat na 9 jaar in aanhouding, in 1993 skuldig bevind is aan ‘afvalligheid van Islam’ en ter dood veroordeel is. As gevolg van publisiteit is dit deur die regering ontken en is hy in Januarie 1994 onverwags vrygelaat. Drie dae later het Iranse Biskop Haik Hovsepian-Mehr, wat verantwoordelik was vir die publisiteit rondom die Dibaj geval, spoorloos verdwyn en 11 dae later het staatsamptenare sy familie gekontak en 'n foto van sy lyk gebruik om hom te identifiseer. Vyf maande later is Dibaj se lyk in 'n bos ontdek met tou merke om sy nek wat daarop dui dat hy gehang is. (Estabrooks, 1996:54-56). Sendingorganisasies berig dat duisende sulke en erger gevalle op 'n gereelde grondslag plaasvind.
In Westerse lande, wat oorwegend ‘Christelik’ van aard is, is daar godsdiensvryheid en kan Moslems hulle godsdiens vryelik, sonder enige verhindering, beoefen. Islam maak misbruik van hierdie godsdiensvryheid. Hulle gebruik hulle vryheid, wat Christene en ander gelowe nie in Moslem lande het nie, om te strewe na (veg vir) ‘vrede’ waar almal aan Allah onderwerp is.
Indien Islam dan ‘vrede’ beteken, wil dit voorkom of vrede net beskore is vir iemand wat in Islam is. Buite Islam is daar moeilikheid. As jy Islam nie aanvaar nie is jy 'n aggressor teen wie Islam die reg het om Jihad (heilige oorlog) te voer, sodat vrede met geweld gehandhaaf kan word, soos reeds vroeër aangetoon. Islam strewe ook na vrede met ander godsdienste. Sodra hierdie godsdiensgroepe Islam as godsdiens aanvaar is daar vrede. Solank hulle Islam nog nie aanvaar het nie, strewe Islam nog na vrede. Hierdie strewe is niks anders as Jihad (heilige oorlog) nie.
Hierdie feite kan egter maklik by 'n mens gedagtes van wrewel, woede en haat laat ontstaan. As hierdie boekie so 'n reaksie ontlok het, het dit nie in sy doel geslaag nie. Nie-Moslems het egter voldoende rede om bedreig te voel. Dit word 'n Christen nie toegelaat om enigiemand te haat nie, maar behoort almal, selfs sy vyand, lief te hê. Hierdie is dus 'n toets vir die Christenskap van elkeen wat homself 'n Christen noem. Maklik sal dit nie wees nie, want hierdie emosies van wrewel, woede en haat is natuurlike reaksies vir enige mens wat self in beheer van sy lewe is. Wanneer 'n mens egter volkome aan God oorgegee is, is jy onder beheer of leiding van sy Heilige Gees en stel Hy jou in staat om liefdevol (welwillend) op te tree teenoor almal.
Die Christen moet God vertrou om hom in elke situasie die wysheid te gee vir optrede wat tot God se eer sal wees en tot voordeel van jou naaste, insluitend jou vyand. Onthou, ferm optrede kan ook goed wees vir iemand. Dink maar aan 'n kind wat gedissiplineer moet word. Dissiplinering moet egter in liefde geskied en tot voordeel van die persoon of groep teen wie opgetree word.
Waar die individu 'n duidelike opdrag in die Nuwe Testament het om die ander wang te draai en nie by geweld betrokke te raak nie, het die regering die taak om orde en reg te handhaaf tot voordeel van sy burgers.
“Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat die wat kwaad doen, moet straf, maar die wat goed doen, moet prys.” (1 Petrus 2:13,14, NAV)
Mag God hulle wysheid gee.
Die antwoord lê nie in twis en tweedrag nie, maar in gebed en vertroue op God.
“Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word.” (2 Korintiërs 10:3-5 Nuwe Afrikaanse Vertaling)
Mag God elke Moslem wat hierdie boekie lees se hart versag dat hy of sy, ten spyte van dinge wat dalk mag seermaak of aanstoot gee, tot hier sal lees en ontvanklik sal wees. As hy haat uit sy hart weer en met 'n opregte hart na die waarheid van God soek, sal God sy hart en verstand verlig sodat hy die waarheid sal kan sien. Die prys vir 'n Moslem wat tot geloof in Christus kom is baie hoog, want die vervolging is hewig. Wat Westerlinge nie altyd besef nie is dat, hoewel Jesus se verlossingswerk gratis is en deur geloof alleen verkry word, die prys van dissipelskap van Jesus net so groot is. 'n Mens moet sterf – aan jouself. Lees weer Lukas 9:23 en vra die Here om dit aan u duidelik te maak. Jesus sê daar, volgens die Ou Afrikaanse Vertaling:
“As iemand agter My aan wil kom (d.w.s. My dissipel wil wees), moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.”
