Beveg hulle wat nie in Allah glo nie, en ook nie in die Laaste Dag nie, en wat nie verbied wat deur Allah en sy Boodskapper verbied word nie, en hulle wat nie die Godsdiens van Waarheid (Islam) erken nie, onder wie die mense van die Skrifte (Jode en Christene) totdat hulle die ‘Jizya’ in onderdanigheid betaal, en hulleself onderworpe ag.

Bogenoemde is 'n vry vertaling van Al-Bukhari se aanhaling van Sura 9:29 uit die Quran, en dit verskaf die antwoord op die vraag: ‘waarom dan oorlog en geweld in Islam?’ Yusuf Ali se vertaling hiervan is wesenlik dieselfde. In die Afrikaanse vertaling van die Quran lees dit as volg:

Beveg hulle wat nie in Allah en aan die Laaste Dag glo nie, en nie verbied wat Allah en sy Boodskapper verbied het nie, en nie die Godsdiens van die Waarheid (Islam) navolg nie – onder diegene aan wie die Boek voorheen gegee is (Jode en Christene) – totdat hulle die belasting ter erkentenis van voorrang betaal en hulle onderdanig is.

Volgens Dawood moet daar teen die ongelowiges geveg word, “totdat hulle die bydrae uit die hand betaal en hulle volkome onderwerp is.” Die opdrag is baie duidelik dat almal beveg moet word totdat hulle aan Islam se heerskappy onderwerp is. Op die oog af verskil dit egter van wat in die Quran staan in Sura 2:256:

Daar is geen dwang in die godsdiens nie

Dit is dus nie seker wat daarmee bedoel word nie, want indien dit wil sê dat Islam nie geweld gebruik in die uitbreiding daarvan nie, is dit nie net totaal teenstrydig met bogenoemde vers (9:29) nie, maar ook met die grootste gedeelte van die Quran, die Hadis sowel as die geskiedenis van Islam. Dit is waarskynlik 'n erkenning dat iemand in sy hart nie 'n godsdiens sal aanvaar nie, selfs al word hy met geweld daaraan onderwerp.

Dit is duidelik dat dit in Islam nie bloot gaan oor geweld nie, maar dat daar 'n doel daaragter is. Anders as Jesus, wat gesê het: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie;” (Johannes 18:36) moet Islam hier op aarde gevestig word en wil Allah deur die hele wêreld geëer en aanbid word. Die doel is dat die wêreld deur Islam oorheers en regeer moet word.

Die Quran verseker sy lesers dat Islam wel sal seëvier, met ander woorde oorwin:

Sura 48:28: “dit is Hy wat Sy Boodskapper met die leiding en die godsdiens van die Waarheid gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier.

Die Hadis stem hiermee saam: Al-Hadis (Karim, 1998:1:14w(Vol.1):152):

die Boodskapper van Allah het gesê: Daar sal geen huis van klei of tent van kameelhaar op die oppervlak van die aarde wees waarin Allah nie die woord van Islam sal toelaat met die eer van 'n eerbare man en die skande van 'n oneerbare man nie. Of Allah sal hulle eer gee en inwoners daarvan maak of hy sal hulle tot skande maak en hulle daaraan onderwerp.

Indien daar nog onsekerheid is, behoort die volgende as hulp te dien om dit uit die weg te ruim. In die Afrikaanse Quran lees Sura 2:193 as volg:

En beveg hulle totdat die vervolging verby is, en die godsdiens alleen vir Allah is.

Al-Bukhari (Khan, 1987(Vol.9):167) vertaal hierdie gedeelte as volg:

En beveg hulle totdat daar geen probleme meer is nie (d.i. geen aanbidding meer van iemand anders behalwe Allah).”

Sura 8:39: “En veg met hulle totdat daar geen vervolging meer is nie, en totdat alle godsdienste vir Allah is.

Iemand het volgens Al-Bukhari (Khan, 1987:355(Vol.4):228) vir Mohammed gevra:

"'n Man mag veg ter wille van die buit, en 'n ander mag veg ter wille van erkenning, 'n derde mag veg om sy dapperheid te toon; watter van hierdie word gereken as veg vir die saak van Allah?' Die Profeet het geantwoord, 'Hy wat veg sodat Allah se woord (d.i. Islam) sal oorheers (be superior), veg vir die saak van Allah'."

Elke hoofstuk (Sura) in die Quran word opgedeel in verskillende afdelings, behalwe die heel kort hoofstukke aan die einde. In die gebruikte Afrikaanse vertaling is daar verskillende afdelings met opskrifte wat aandui waaroor die afdeling hoofsaaklik handel. Sommige daarvan word hieronder aangehaal as aanduiding van hierdie strewe van Islam na oorheersing:

Bl. 35 Sura 2 – “Moesliems sal seëvier” die afdeling word afgesluit in vers 286 met die gebed:

"...skenk ons daarom oorwinning oor die ongelowiges.”

Bl. 53 Sura 3 – “Uiteindelike Triomf van die Gelowiges (Moslems)”

Bl. 109 Sura 7 – “Die Hulpeloosheid van die Teenstanders

Bl. 128 Sura 8 – “Vrede moet deur Krag beveilig word

Bl. 133 Sura 9 – “Islam sal in die Wêreld Seëvier

Bl. 179 Sura 14 – “Teenstand word uiteindelik vernietig

Bl. 207 Sura 18 – “'n Waarskuwing aan die Christene

Bl. 211 Sura 18 – “Die Skuldiges word Tereggestel

Bl. 257 Sura 24 – “Die Bevestiging van die Koninkryk van Islam”. Vers 52 en 53 is insiggewend:

En wie Allah en Sy Boodskapper gehoorsaam is, en Allah vrees, en sy plig teenoor Hom nakom, hulle sal seëvier. En hulle sweer by Allah hulle plegtigste ede dat indien u hulle gebied, hulle sekerlik sal opruk. Nie ede nie, maar werklike gehoorsaamheid is nodig.

Bl. 279 Sura 27 – “Die verdwyning van Alle Teëstand

Bl. 285 Sura 28 – “Die Teëstander sal Verneder Word

Bl. 302 Sura 32 – “Islam sal Gevestig Word

Bl. 314 Sura 34 – “'n Oorwinning vir die Moesliems

Bl. 332 Sura 38 – “Die Vyand se Nederlaag” vers 2 en 3 sê in verband met ‘ongelowiges’:

Nee, die ongelowiges is valslik trots en opstandig. Hoeveel geslagte het Ons nie voorheen reeds vernietig nie, en hulle het uitgeroep toe daar geen tyd meer was om te ontsnap nie!” (beklemtoning bygevoeg)

Bl. 339 Sura 39 – “Die Verwerpers (die mense wat Islam nie aanvaar nie) sal Verneder Word

Bl. 349 Sura 40 – “Die Einde van alle Teëstand

Bl. 380 Sura 48 – “Die Uiteindelike triomf van Islam” sien vers 28, wat reeds hierbo aangehaal is.

Bl. 412 Sura 61 – “Die Triomf van Islam” vers 4 sê:

Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg, asof hulle 'n hegte muur vorm.

Nog dele uit die Hadis wat Islam se strewe na oorheersing bevestig is:

Al-Bukhari (Khan, 1987:65,355(Vol.4)&550(Vol.9): “Die Profeet het gesê: ‘Die een wat veg sodat Allah se woord (Islam) sal heers, veg in belang van Allah.’”

Al-Bukhari (Khan, 1987:196(Vol.4):124): “Allah se Boodskapper het gesê: ‘Ek is beveel om teen mense te veg totdat hulle sê, 'niemand het die reg om aanbid te word behalwe Allah nie’ – sy lewe en besittings sal deur my beskerm word.’”

Wanneer geweld daaroor gaan om 'n volk te dissiplineer of te beskerm met die oog op 'n spesifieke doel, sodat die wêreld deur hom geseën kan word, soos in die Bybel, maak dit sin. Die God van die Bybel verwag nie van Sy volgelinge om die wêreld met geweld te dwing om Hom te aanbid nie. Hy het alle mag in die hemel en op die aarde en as Hy nie vir mense 'n vrye wil wou gee nie, kon Hy hulle so geskep het dat hulle nie anders kon as om Hom te dien nie. Vir 'n liefdevolle verhouding is vrywillige volgelinge egter nodig. Daarom het hulle die vermoë gekry om te kies, en verplig Hy ook niemand met geweld om Hom te dien nie. Hy straf wel sonde, maar nie deur gewelddadigheid van mense nie. Die skrywer van die Hebreërs skryf hieroor in hoofstuk 10:30:

Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.” (beklemtoning bygevoeg)

Hy sál aan die einde van hierdie bedeling heers oor, en geëer word deur almal wat deur Sy genade vir Hom gekies het. Die ander, wie ook deur Hom in staat gestel is om te kies maar sy genade verwerp het, sal hulle verdiende straf (waaraan hulle reeds onderworpe is) ontvang. Mense het nie nodig om ongelowiges hier op aarde namens Hom te straf en dood te maak nie. Die feit dat sommige sogenaamde Christene dit hier op aarde gedoen het beteken nie dat Hy dit van hulle verwag het nie.

Moslems het die plig om toe te sien dat almal aan Allah onderwerp word en hom aanbid. Dit doen hulle deur Jihad, en elke Moslem word deur Allah verplig om deel te neem aan Jihad teen 'ongelowiges'. Sommige doen dit deur selfmoord bomme en aanvalle, andere deur in konvensionele oorloë te veg, andere deur terroristiese aanvalle, insluitende ontvoerings, en andere deur geld en besitting te gee vir die doel van Jihad. Volgens Karim, (1998:8:90(Vol.2):39) vorm hierdie geld deel van die verpligte zakaat wat een van die vyf pilare van Islam is.

Solank daar nie-Moslems op aarde is sal Moslems veg. Hulle het nie 'n keuse nie, want hulle God, Allah, verwag dit van hulle.